Golf van Akaba

Golf van Akaba

Die Sinai-skiereiland met die Golf van Suez in die weste en die Golf van Akaba in die ooste vanuit die ruimte gesien, 2007

Ligging van die Golf van Akaba
Koördinate:28°45′N 34°45′O / 28.750°N 34.750°O / 28.750; 34.750
Ligging:Egipte, Israel, Jordanië, Saoedi-Arabië
Soort:Golf van die Indiese Oseaan
Maksimum diepte:1 850 meter (6 070 voet)
Lengte:160 km (99 myl)
Breedte:24 km (15 myl)
Uitvloei:Rooisee
Nedersettings:Taba en Sharm El Sheikh, Egipte
Eilat, Israel
Akaba, Jordanië
Kaart van die Sinai-skiereiland met die Golf van Suez in die weste en die Golf van Akaba in die ooste

Die Golf van Akaba (Arabies: خليج العقبة‎‎, Khalij al-Aqabah) of Golf van Eilat (Hebreeus: מפרץ אילת‎‎, Mifrats Eilat) is 'n golf aan die noordelike punt van die Rooisee tussen die Sinai-skiereiland in die weste en die Arabiese Skiereiland in die ooste. Aangrensende lande is kloksgewys van wes na oos: Egipte, Israel, Jordanië en Saoedi-Arabië.

Geologies gesien behoort die Golf van Akaba tot die Groot Skeurvallei wat vanaf Oos-Afrika oor die Rooisee verder tot die Dooie See en die Jordaanvallei streek. Dié golf skei saam met Israel die Arabiese wêreld in twee dele: Die Arabiese lande van Noord-Afrika in die weste en die Arabiese lande van Wes-Asië in die ooste. Vir Jordanië is die Golf van Akaba die enigste toegang tot die see.

Weens sy warm klimaat en duikplekke is die Golf van Akaba 'n belangrike toeristeoord en vir al vier lande ekonomies belangrik. Belangrike hawestede sluit in Taba in Egipte, Eilat in Israel en Akaba in Jordanië. Sharm El Sheikh is die bekendste vakansieoord op die Egiptiese skiereiland Sinai. Die Golf van Akaba word met die Rooisee verbind via die Straat van Tiran.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search